Archive for January, 2013

Please comment

Posted: January 21, 2013 in General

Please leave a comment to indicate what you like, do not like or would like to have added to this blog.

Advertisements

Pages for each grade

Posted: January 20, 2013 in General

I have created pages for each grade onto which I will post policy documents and documents needed to teach the subject.  You will find the tab for each grade at the top of the page. Please familiarize yourself with these pages as the content will not be displayed on the home page of the blog.

The blogroll will mostly be used for enrichment, encouragement or interesting reading.

HTML websites

Posted: January 20, 2013 in Grade 11

Tutorials, help and enrichment when introducing HTML to grade 11:

http://www.w3schools.com/html/default.asp

http://www.html.net/tutorials/html/

http://learn.shayhowe.com/html-css/

Posted from Diigo. The rest of my favorite links are here.

Vleesbaai-boewe met slim tegnologie gefnuik

2013-01-08 12:24

Marelize Potgieter

Julle is app-soluut vasgetrek!
KAAPSTAD. – Diewe wat huise op ’n vakansiedorp aan die Suid-Kaapse kus besteel het, het hul rieme styfgeloop toe een van die inwoners tegnologie ingespan het om hulle vas te trek.

“Die adrenalien het so geloop toe ek besef ek kan die ouens vang dat ek nie eens skoene aangetrek het nie,” het Johan Engelbrecht, adjunkvoorsitter van die Vleesbaai Aandeleblok Bpk. se direksie, gesê.
Engelbrecht, oorspronklik van Kaapstad en netwerkhoof van Vodacom, was een van vier huiseienaars wat verlede Dinsdagnag besteel is.

Hy het omstreeks 04:00 wakker geword en gesien hy het geen internet-toegang op sy iPhone nie. Dit het langs sy bed gelê.

“Ek het na die voorkamer in die huis gegaan en gesien die roteerder is weg. Die kamera se driepoot het op die stoep gestaan en ’n klomp papiere het rondgewaai. Ek het geweet: Nou is daar fout.”
Hy het vinnig besef dat meer as een skootrekenaar en selfoon gesteel is.

Die diewe het selfs so ver gegaan as om ’n skootrekenaar uit sy dogter, Linde-Mari (11), se kamer te steel terwyl sy geslaap het.
Hy het dadelik die polisie gebel, maar intussen het hy besef hy kan ’n app van Apple gebruik om vas te stel waar die toestelle is. Hy het die app, Find my ­iPhone, gebruik wat deur middel van ’n satelliet op ’n kaart aandui waar die toestel is.
“Ek het gesien die iPad is sowat ’n kilometer van die huis in digte bosse.

“Ek en my seun, Johan-Dirk (23), het saam met die polisie in die rigting van die kolletjie op die kaart geloop en reg op hulle afgeloop.
“Die twee het hulle boeglam geskrik en een het weggehardloop.
“Die een ou het diep onder ’n bos gesit-lê en al die skootrekenaars, selfone en toestelle was om hom.”
Die man is op die toneel in hegtenis geneem.

“Jy kon sien hulle het op iemand gewag om hulle te kom haal. Dit het gelyk of hulle alles sorteer en bymekaar sit.”
Volgens Engelbrecht het die stranddorpie vroeër die vakansie ook onder diefstal deurgeloop.
Dit waarde van slegs die toestelle wat by hom gesteel is, beloop R120 000.

Sy heldhaftige daad het tot laat in die naweek nog by hom gespook toe sy vrou, Ibeth, Sondagaand nog dorings uit sy voete moes haal.